Garingdraad

Dear blogger friend: Translate AFRIKAANS to ENGLISH.

Garingdraadjie lewe
Deur Wanja Focaraccio

Die lewe kan soms soos ‘n stukkie garing voel wat uitgetrek het en met mens weghardloop. Voor jy jou kan keer is die some halfpad uit en die rand lê rou. Dit voel of daar geen keer of teruggaan is nie.

By tye het mens self aan daai stukkie garing getrek wat uitgesteek het. Ander tye het dit êrens onopgemerk aan iets gehaak en ongedaan geraak. Of dalk is dit die gevolg van verskeie haak- en trek plekke. Op die oog af lyk alles krom en skeef getrek. Die garing halfpad tussen in en uit.

Wat as dinge anders was?

Wat as my kleding my beter kon pas?

Kan ek maar net teruggaan in tyd?

My keuses uitvee, oordoen. Vlug van verwyt

Soos die garingdraadjie-lewe verder en verder loskom, wys dit dele van die kledingstuk wat voorheen nie sigbaar was nie. Sommige onooglike dele wat mens liefs sou wou wegsteek onder ‘n mooi stukkie kant. Maar ander dele wys mooi gedeeltes van die lap waarvan mens nie van bewus was nie.

Maar berus jouself daarin. Jou kledingstuk is nie klaar nie. Dit is ‘n proses. Waar dit nou is, met al die onooglike dele wat nie sin maak nie. Die pyn. Die knope wat moes vervang word met ander wat nie pas nie. Dit is nie die eindresultaat nie. Eendag staan mens terug en die klein skeurtjies het ‘n interessante patroon gevorm. Die soom wat losgekom het, het ‘n lengte veroorsaak wat jou beter pas. Joù kleedsel. Gevorm uit jou eie garingdraadjie-lewe.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

fletchenkitty

Random things are random

Marcy Goes Wild

Unofficial World Record Holder interviewing DJ's about their first gig

L'atelier peinture de Christine

La peinture sans prise de tête

Cheapppeproducts

Best PPE products

RaduH's Blog

Life with kids and tech. Everybody likes a good story.

Photos by Jez

Taking the camera for a walk!!!

%d bloggers like this:
search previous next tag category expand menu location phone mail time cart zoom edit close