Dans in die reën

I am a Forty Plusser. My Home language is Afrikaans. I write this post in Afrikaans. Enjoy!!

TRANSLATE AFRIKAANS TO ENGLISH


“Hou op om na perfeksie te streef. Kalmeer, geniet die lewe. Hou op om almal altyd tevrede te stel, om te worry oor wat hulle sal dink, sal sê vir ander van jou, oor jou huis, jou kos, jou kinders of jou man se vuil plaasklere. Bowenal, hou op om saam te praat as hulle so oor ander praat. Kies wie jy wil wees die jaar, vind weer jou lag, jou 17-jarige self.

Skakel meer van sosiale media af, bid meer, dans meer. Eet gesond. Sny jou hare. Lag. Die lewe is kort- live it! Moenie worry oor chocolate in die middel van die week nie, maak die wyn oop as jy lus is vir dit. Sit alleen en eet, en dink dan, diep. Moenie ongelukkig raak as jy alleen is nie, jou geluk hang van niemand af nie.

Wees unapologetic. Hou op om oor als jammer te sê, elke liewe keer. Hou op om die perfekte vrou, ma of skoondogter te wees- jy is mens! Wees lief vir almal, maar maak seker jy sê nie vir jouself nee, as jy vir ander ja sê nie. Wees lief vir jouself, nes jy is, en hou op om jou te vergelyk met ander. Sommer dadelik! Doen wat mooi is vir jou. Begin by jouself. Maak jou glas eers vol. Kyk na jou hart, jou gedagtes. Wees sag, maar hard. Wees lojaal. Vind uit wie jy wil wees en wees daardie persoon! Dis jou lewe, jou reis- leef dit.

Moenie skaam wees nie. Nie oor jou geloof of jou familie nie. Wat daarvan as die honde die huis vuil maak? Maak weer skoon. Sê wat jy wil sê al stem ander nie saam nie. Sê as iemand mooi lyk, lekker ruik.

Daar gaan nog moeilike tye kom maar onthou altyd waar jou krag vandaan kom. Haal asem, sien die mooi. Raak stil. Geniet jou koppie koffie in die oggend. Proe elke sluk. Sê dankie vir nog ‘n dag. Ken jou swakhede, aanvaar dit. Ken jou sterkpunte, deel dit. Jy is perfek geskape.

Dans in die reën, sing in die kar, vat ‘n lang bad, en bid, altyd, oor alles. Jy is jy. En jy is genoeg. 2021.”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Just Being Me

My life and faith - without a mask.

My experience

#Rehana's 🔥🔥🔥🦋🦋motivational thoughts

Self Mastery Blog

A complete guide to actualizing your potential

makemoneyonline

Just another WordPress site

blogging on blog

All About Blogging

%d bloggers like this:
search previous next tag category expand menu location phone mail time cart zoom edit close